New Commercial Workshop in Wellington - Nuwe kommersiële werkswinkel


Kort inleiding


Paarl Rock Tours is 'n alombekende onderneming in die Boland vir die afgelope 15 jaar. Ons bied busvervoerdienste aan skole en toeriste oor die lengte en breedte van Suid-Afrika, asook omliggende lande in die mees suidelike deel van Afrika.

Paarl Rock Tours het so uitgebrei dat ons genoodsaak was om ons eie kommersiële werkswinkel te open, ten einde effektiewe instandhouding te kan doen aan voertuie in ons steeds groeiende vloot van medium- tot swaardiens busse.

Vanaf hierdie jaar brei ons uit en stel met graagte hierdie diens ook aan u beskikbaar.


Wat bied ons aan?

Ons werkswinkel is in staat om enige tipe kommersiële voertuig, ongeag die fabrikaat, te kan akkommodeer, bv. bakkies op plase, vragmotors en sleepwaens vir aflewerings, busse, langafstand vragmotors. Die diens van voertuie sal voorkeur geniet, maar 'n breë spektrum van herstelwerkdienste, bv. die oordoen van remme, koppelaars en wiellaers, ens. sal ook verrig kan word. Ons is ook bereid om u voertuig te neem vir jaarlikse sertifikaat t.o.v geskiktheid ( C.O.F ) en indien daar enige foute aangedui word, dit te herstel. Padbystand, selfs na ure, is ook beskikbaar.

Wat gaan u betaal?


Ons bied 'n uiters kompeterende koers per uur van R 250-00. Enige bystand buite normale ure, sal teen die koers soos bepaal deur die industrie, gehef word.



Wie moet u kontak?

Vir enige verdere navrae is u enige tyd welkom om vir Dawid of David by die onderstaande nommers te kontak.

Dawid Kellerman David Hartley
Eienaar
Werkswinkel Bestuurder
0832706763 0730880594